Blogstream   -   Create a Blog!   -   Login Chat   -   Options   -   Clean   -   Flag   -   Family Filter: Off   -   Recent   -   Rndm >>    

BLOGSTREAM GOING COMPLETELY OFFLINE JANUARY 31, 2012 -- PLEASE READ FRONT PAGE FOR FINAL NOTICE

Blogstream  >  Anything  >  Blog
 
Bobby se Blog


 Memorial Service at Stellenbosch
 

Dear friends, family, colleagues.

I will post a more detailled account of Bobby's funeral & memorial service in the coming weeks, for those who could not attend. But suffice it to say, for now, that it was perfect, and beautiful, and that we would not have had it different in any way.

The service took place at Stellenbosch Moederkerk, one of the oldest churches in South Africa, in the heart of picturesque Stellenbosch, on a beautiful sunny winters-morning just shortly after Bobby's remains was laid to rest at the Stellenbosch cemetry at Onderpapegaaiberg, one of South Africa's many picturesque cemeteries.

Onderpapegaaiberg overlooks Stellenbosch and it's beautiful mountains - mountains he climbed many times, also with his dad. Stellenbosch, also of course, the town where he grew up, attended school, studied, fell in love, got married, married all his brothers, preached and taught, following in the footsteps of many of his ancestors. It is also the town where his eldest (me!) and youngest (Sanmari) still reside.

We send our love and extend our gratitude to everyone who allowed our wonderful dad to play a part in their lives and we thank you for being part of ours, especially in the weeks ahead, as we plot our futures with renewed reflection.

Along with countless memories, Bobby has left us with more than 1TB of digital media - much of which will be sorted and made available to friends and family in the coming years.

Bobby also planned much of Friday's service, and so, also a text he left us with: "To live is Christ, and to die is gain."
Posted by Bobby Loubser at 1:25 PM - No Comments   Add a Comment  
 

 Onbeplande Outobiografiese Paragraaf
 

In 'n brief wat my pa, as deel van sy "20 dinge", vir my broer Johannes onlangs geskryf het, vat hy sy missie, visie, en lewe kortliks saam. Ek dink dis gepas om dit hier te pos!

"My vriend Bertie du Plessis het my onlangs ingevra oor hoe ek my eie lewensloop sal tipeer en ek het diep daaroor nagedink, want daar was nogal hoogtes en dieptes. In 1983/4 het ek my missie herontdek en toe beskryf as, “om as teoloog ’n betekenisvolle bydrae te maak tot versoening in kerk en staat”. Dis die waardes waarvoor ek werklik sterwensbereid was. Ek het my hele loopbaan op die spel geplaas deur my preke, my bediening in die kerk en my boek, “The Apartheid Bible”. In die proses het ek vriende verloor, nuwes gemaak, spanning verduur. Deure het vir my toegeklap, maar ander het oopgegaan. Wat die uitkoms was, kan ekself nie begroot nie, maar dit is die dinge wat ten diepste in my hart gelę het en my doen en late gerig het. Dit was die uitvloeisel van my bekering, my studies op universiteit, my intense betrokkenheid by die studentepolitiek en ook my kultuur-ryke verblyf as student in Duitsland en Europa.

Vermoedelik het ek tog ’n klein steentjie ingemessel in die groot bouwerk van die nuwe SA. Toe die Berlynse Muur val, op 9 November 1989, was ek bewoë (voor die tv in ons gesinskamer in Tamboerskloof) want ek het geweet alles gaan nou vir my verander. Apartheid hoort binnekort tot die verlede. Alles het ook verander. Iets anders as versoening en verset was nou nodig. In 1990 is ons na Zoeloeland Universiteit en het ek vir ’n lang tyd in ’n ideologiese lugleegte gedommel. Ek weet nou dat ek ook deur ’n diep en lang depressie gewroeg het. Waar ek voorheen ’n “politieke dier” was, het ek my nou ver gehou van alle politiek – in die strydvlak tussen die ANC en Inkatha was daar vir my gen plek nie. Ek het my in NT studies verdiep en weldra ’n goue aar ontdek: die invloed van mondelinge en manuskrip-media op die formasie van die tekste, iets wat tot dusver ’n blinde kol in my vakgebied was. Hieruit het voortgevloei ’n begrip vir die traumatiese oorgang wat swartmense moet maak van ’n tradisionele (mondelinge) kultuur na ’n gesofistikeerde stadskultuur. Verder het ek oor demokratiese waardes nagedink. Ek het begin benoud raak oor die kulturele en fisiese oorlewing van my mense in Afrika. En ek het probeer om romans te skryf, maar het dit uiteindelik meer produktief gevind om navorsings-artikels te produseer."
Posted by Bobby Loubser at 2:47 PM - No Comments   Add a Comment  
 

 Burial and Funeral Service
 

This message has been removed by the author.
Posted by Bobby Loubser at 1:08 PM - No Comments   Add a Comment  
 

 Gedenkdiens te Mtunzini
 

'n Gedenkdiens is gistermiddag vir my pa gehou, by die NG Kerk in Mtunzini, waar my pa dikwels gepreek het, en vele intieme geloofsgesprekke met my pa gevoer is.

Die diens is deur Ds. Hennie van den Heever en Prof. Annes Nel gelei, na aanleiding van 'n raamwerk wat deur my pa nagelaat is. ("Kriptiese notas!")

Daar was mense vanuit al Mtunzini se verksillende kerke, asook vele nasionaliteite, mense vanuit Rusland, Poland, Duitsland, Holland, Italië, Kenya en ek's seker daar was meer. (Tel die kaap?)

Ons wil vreeslik baie dankie sę vir almal, Almal, wat gehelp en getroos het. Baie dankie, julle sorg maak hierdie tydjie vir ons meer draaglik.

---

'n Kalmte, asook 'n blydskap, met 'n pragtige beeld het oor my gekom toe ek daar in die kerk sit en my oog op 'n foto van my pa land.

So min as wat die kerk net 'n gebou is, is my pa net sy lyf. Mens mag dalk 'n foto (of 'n gebou) nodig hę, om jou te laat besef, of te laat onthou. Maar met tyd, sal die warm gevoel wat die gedagte van my pa na my hart bring, my herhinner dat dit is wat die kerk is, of behoort te wees. 'n Gemeenskap. 'n Warm gevoel van sorg en veiligheid. (En as dit nie is nie, is daar iets verkeerd!)

Elke keer wat die gedagte "My pa is weg" my begin pla, besef ek dis verkeerd. My pa leef voort! In, bo en behalwe al die akademiese werk en stories wat hy vir ons nagelaat het, in ons gedagtes en interaksie met mekaar.

My pa was sy lewe lank in diens van die kerk, maar was ook baie openhartig teenoor alle gelowe en baie idees. Tog wil hy vir ons uitwys op die een ding wat die Christendom uniek maak. Die potensiele oplossing vir al die węreld se probleme. Die Christendom se radikale kern: Vyhandsliefde.
Posted by Bobby Loubser at 3:20 PM - No Comments   Add a Comment  
 
 Soek Rusplek...
 

Indien enigiemand kan help - meeste van ons voorgeslagte lę in Stellenbosch se begrafplaas op onder-papegaaiberg. Dit is waar my pa ook wou rus.

Ons kan tans slegs plek in Jamestown of Kleinmond kry. As julle kontakte het/weet van iemand wat 'n plek te koop het/kan help, sal ons dit waardeer.

[Opgedateer]
Ons is innig dankbaar aan Dr. Carl Vogts, wat plek vir my pa beskikbaar gemaak het.

Ons was nogal paniekerig, vir 'n paar dae!
Posted by Bobby Loubser at 7:49 AM - No Comments   Add a Comment  
 
Pages:   1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15
   
  About Me
Author: Bobby Loubser
From Mtunzini, KZN, ZAF
Age: 62
 
This blog is about...
Hierdie is maar net 'n manier om uiteenlopende dinge te deel wat oor my pad kom sedert my geveg... more
 
My: Profile  Gallery  Interests  Bio  Guestbook  100 Things 
 
Bookmark   History

  Blogstream Sponsors

Find anything & everything at Amazon.com
 
15% OFF all Board Games & Baby Items at
Board Games Plus and Everything Mommy
for Blogstream members. Enter coupon code:
BSTREAM08 at checkout.
 
Send Free
Just Saying Hi
Greeting Cards
at

Greeting Cards.com


Good Morning


  Recent Posts

  Blogs I Like
None added yet.

  Sites I Like

  Archives

4887 Visitors